Sy ligging, op die N4 snelweg wat ook toeganklik is tot die N1 snelweg, Hans Styrijdomweg en die paaie na Bronkhorstspruit, maak dit die ideale ligging vir besighede wat sake doen in Limpopo, Gauteng en Mpumalanga. Sy toeganklikheid sal veral aantreklik wees vir die logistiek van maatskappye wat hulle produkte in hierdie area aflewer.
Hierdie prima industriële eiendomsontwikkeling is ook naby die R7 biljoen Menlyn Maine ontwikkeling, sowel as ‘n winkelsentrum van R400 miljoen wat beplan word op die hoek van Lynnwoodweg en Simon Vermootenweg. Die N4 Gateway is ook geleë oorkant verskeie luukse residensiële gebiede soos Silver Lakes, Savanna Estate en Six Fountains.
Nog ‘n voordeel van die N4 Gateway is dat dit ideaal geleë is om werkers te werf vanaf die nabygeleë woonbuurte soos Mamelodi en dit sal reiskoste vir werkers van en na die werkplek vergemaklik en relatief goedkoop maak.
Die R350 miljoen industriëleeiendoms ontwikkeling bestaan uit 124 erwe waarvan die grootte wissel tussen 1493 m2 tot 10 563 m2. Ten spyte van die ekonomiese resessie in 2008 en 2009 is 27 erwe wat byna 94 000m2 beslaan, in N4 Gateway Ligte Industriële Park verkoop. Kopers sluit onder andere maatskappye soos Chempure, Biddulphs International, Ivubu Investments, BP Southern Africa en Business Partners in.
Die industriële eiendomsontwikkeling van N4 Gateway is besig om momentum te kry, met die eerste 5 100m2 geboue wat klein en middelslag fabrieke insluit, reeds voltooi. Die tweede gebou van 2 300 m2 is tans dakhoogte en 3 nuwe geboue met ‘n gesamentlike GLA van 11 000m2 word beplan vir die toekoms.
Die ontwikkelingsvisie van Uniqon, ontwikkelaars van die N4 Gateway Ligte industriële Park is om moderne visueel aantreklike en luukse eenhede te ontwerp wat veral funksioneel is vir hul eienaars en gebruikers. ‘n Belangrike voordeel van die eenhede in die industriële eiendom is dat dit ontwerp is met buigsaamheid van die gebruiker in gedagte. Eenhede vanaf 400m2 tot 600 m2 is beskikbaar te huur of te koop op ‘n deeltitel basis. ‘n Kenmerk van die eenhede is die winkelvenster van glas en mezzanine in elke eenheid, wat dit ideaal maak om kliënte te ontvang. Elke eenheid beskik ook oor sy eie kantoorkomponent, ablusieblokke en kombuisie, sowel as spasie vir ‘n advertensiebord.
Navrae van beleggers en onwikkelaars in die INDUSTRIELE EIENDOM neem toe, met baie belangstelling van die farmaseutiese bedryf, eiendomsontwikkelaars, logistieke en konstruksiesektors wat direkte toegang tot Gauteng, Mpumalanga en Limpopo wil hê.
N4 Gateway laat huurders toe om te bou volgens hulle eie spesifikasies, in ‘n voorkeurgebied, met toegang tot snelweë en sigbaarheid.
|